Joba Atletiek Opgraderings
Die 2012 weergawe van Joba Atletiek met die APE tabelle vir 2012 is nou beskikbaar.
Alle programme en datalêers moet opgradeer word om die veranderinge te akkommodeer. Kontak ons vir besonderhede ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. ) en om te hernu of om te registreer vir die 2012 seisoen.
Dit veranderinge sluit o.a. die volgende in:
- Die APE tabelle is aangepas vir 2012-2015.
- Veranderings in die gewigte van implemente by sekere items is bygewerk.
- Die gewigte en hoogtes van implemente verskyn nou ook op die uitslagkaarte
- Die program is in geheel hersien en die Engelse weergawe is nou volledig.
- Let wel: Om die opgradering te implementeer sal u u databasis moet aanstuur sodat ons die veranderinge kan aanbring.
Joba Dienste
Joba Rekenaardienste lewer nie net 'n diens veral aan skole en onderwysers nie, maar ook Webhuisvesting en ander dienste.
Webtuistes kan teen billike tariewe gehuisves word en indien daar hulp nodig is met die aanvanklike ontwerp en afskop van die webblad kan Joba u tot groot hulp wees. Gebruik gerus die kontakblad om meer uit te vind.
Skole kan 'n webteenwoordigheid, insluitend epos adresse, teen amper geen koste nie verkry.
Joba Produkte
Joba rekenaardienste het verskeie produkte wat veral op skoolvlak baie nuttig is. Die Joba Atletiekprogram is baie gewild by skool atletiekbyeenkomste. Die program word nou al verskeie jare by die Primêre en Sekondêre Nasionale Skoolkampioenskappe gebruik. Kontak This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer besonderhede.
Die Joba Verslagkaartstelsel bied aan 'n skool die geleentheid om 'n straf/beloningstelsel vir 'n skool te bedryf. Dit bied negatiewe en positiewe punte en briewe aan leerders wat 'n sekere aantal punte gekry het met eie bewoording.
Die Joba Mediasentrum is 'n program wat die aanwinsregister van die mediasentrum rekenariseer. Dit hanteer nou ook die uitleen van biblioteekboeke per skandeerder.
Die Joba Bateregister is 'n eenvoudige program om die voorraad van 'n skool te hanteer. Lyste per klas, bateregister ens.
TimeDesign is 'n Skoolroosterprogram wat deur Joba bemark en ondersteun word. Klik op die skakel by die Menu vir meer inligting daaroor.
Joba Atletiek jongste nuus
Jongste weergawe: 2012.01.19
Jongste databasis: 2012.01
Laai die jongste weergawe af in die Laaisone (Slegs geregistreerde gebruikers).
Jongste veranderinge:
- Regstelling van gewigte/hoogtes van hekkies by items (Stelseldata in Laaisone)
- Regstelling met tabelberekening by velditems wat 900 punte vir almal gee (JobaAtletiekOpgradering)
