JOBA Atletiek …
effektiewe atletiekbyeenkoms administrasie
-
is in die Vrystaat ontwikkel om 'n bekostigbare en effektiewe atletiek-byeenkoms-administrasie program tot beskikking van Suid-Afrikaanse skole te stel. Word by die SA Laer- en Hoërskole Skole Kampioenskappe gebruik.
-
maak nou ook voorsiening vir Atletiek SA se senior byeenkomste.
-
funksioneer effektief in Windows 10 met vinnige invoer aksies.
-
druk uitslagkaarte vir die byeenkoms met ewekansige baanlotings of volgens prestasie.
-
druk programboekie, rekordlyste, ens.
-
bereken die APE-tabelle.
-
plaas lewendige uitslae op die Web tydens 'n beenkoms.
-
bepaal wenners van verskillende spankompetisies.
-
bepaal beste atlete in verskeie kategorië.
-
druk verskeie verslae aan die einde van 'n byeenkoms vir die spanne, vir keurders, vir die media, rekords verbeter, ensomeer.
-
kan atlete en inskrywings invoer vanaf Excel.
-
'n opsie om inskrywings van skole/klubs op die web te ontvang is nou ook beskikbaar.
-
is tweetalig – Afrikaans en Engels.
JOBA Atletiek
word gerugsteun deur:
- Jarelange ondervinding in atletiek-administrasiestelsels.
- Jarelange ondervinding in programmering.
- Betroubare ondersteuning.
- Gereelde opgraderings.
- E-pos/Telefoniese ondersteuningsdiens.
- 'n Oor vir die behoeftes van gebruikers.
Eerste installasie: R1000
Jaarlikse lisensie en opgraderings: R500