Joba Atletiek


JOBA-Atletiek is 'n program wat al etlike jare gebruik word by skole atletiekbyeenkomste vanaf byeenkomste by die skool, streek en provinsiale byeenkomste tot die USASSA se SA Hoër- en Laerskole kampioenskappe.

 

 

Die program kan by my bestel word.

Maak seker dat u dadelik u jaargeld betaal en opgradeer!

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it my gerus vir besonderhede.


Die program sluit onder andere die volgende in:

  • Inskrywings van atlete
  • Druk van uitslagkaarte wat tydens die byeenkoms gebruik kan word
  • Invoer van uitslae tydens die byeenkoms met onmiddellike berekening van die ABSA-tabelwaardes
  • Opsoek van ABSA-tabelwaardes vir enige prestasie
  • Uitdruk van die uitslae van die byeenkoms - span-, ouderdomsgroep-, individuele prestasies ens.
  • Verslae vergemaklik spankeuses na 'n byeenkoms
  • Byhou van rekords
  • Berekening van MegaCup-uitslae

JOBA Atletiek

Die 2010.01 weergawe is nou beskikbaar!

Nuut in 2009.01

  • SA Kwalifiserende prestasie vir 2009 bygewerk

Nuut in 2007.4

  • Massas en hoogtes van implemente verskyn nou op die uitslagkaarte
  • Uitsoek van kwalifiseerders vir finale gewysig

Nuut in 2007.3.01

  • Die ASAPE tabelle
  • Rondte-telkaarte vir middel/langafstande
  • Hand/Elektroniese Tydkaarte
  • Invoer van atlete vanaf MS Excel

Nuut in 2006.01

  • Die gebruikerskoppelvlak (skerms) het so ietwat verander met addisionele funksies om vinniger te kan soek en om inlees te vergemaklik.
  • Die verslae het enkele regstellings
  • Verskillende datalêers kan nou gebruik word.

Nuut in 2005.05

  • Die atleetnommer word nou outomaties geinkrimenteer wanneer nuwe atlete geregistreer word.
  • 'n Addisionele opsie by uitslae laat nou toe dat uitdunne/semi-finale weer uitgedruk kan word sonder dat die vorige data uitgevee word.
  • Enkele regstellings ten opsigte van die drukstukke.

Nuut in 2005.04

  • 'n Aantal van die uitslae se uitleg is verbeter sodat die skoolname volledig gedruk word.
  • By atleetlyse kan bv. net een skool se inligting nou aangevra word.

Nuut in 2005.02

  • Die atlete se naamkaartjies kan nou in twee of drie per ry uitgedruk word.


Nuut in 2005.01

  • Atlete kan nou sonder items geregistreer word. Dit is veral handig by skoolbyeenkomste wanneer massadeelname aangemoedig word. Atlete kan dan aan enige item, binne sy ouderdomsgroep, deelneem.
  • Atlete kan nou (sonder items) geregistreer word vanaf 'n Excel-l�er!
  • Sertifikate vir die atlete met elk se resultate kan ook nou gedruk word.
Last Updated on Saturday, 16 January 2010 15:03
 

Newsflash

Joba Atletiek 2010

Die 2010.02.04 weergawe van Joba Atletiek met die nuwe amptelike APE tabelle vir 2010 is nou beskikbaar.

Alle programme en datalêers moet opgradeer word na databasis weergawe 2010.02 om die veranderinge te akkommodeer. Kontak ons vir besonderhede (joba@joba.co.za) en om te hernu of om te registreer vir die 2010 seisoen. U sal slegs toegang tot die Atletiek-lêers in die Laaisone kry wanneer u R400 hernuwingsfooi betaal is.

Let wel: Om die opgradering te implementeer sal u u databasis (atletiek.gdb) moet aanstuur sodat ons die veranderinge kan aanbring.

Joba Web, Powered by Joomla! and designed by SiteGround web hosting